About the author - Cindy Robertson
Ek skryf ook soms onder Cynthia Robertson. Ek is in Tanzanie gebore en was in 4 lande en 11 skole. Ek het vroeg die wonder van boeke ontdek en wou altyd skryf. Na 4 jaar in Ierland, is ek nou weer voltyds terug in Suid-Afrika en woon huidiglik in Hartbeespoort, Noord-Wes. Ek is 'n ma van 3 wonderlike kinders en ouma van 2. Ek maak nog steeds gebruik van humor om my skryfwerk en die lewe ligter te maak. Ek skryf omdat liefde in al sy fasette vir my die spul is waarom die lewe draai!
Van 2010 tot nou toe is daar 4 van my boeke gepubliseer deur LAPA Uitgewers en Jacklin Enterprises. Daar is nog 2 oppad, so hou asseblief my webwerf dop! ;-)
About the book - Piggy In 'n Porsche: 'n Gebroke hart en 'n onmoontlike hond, saam op die langpad na Liefde (Afrikaans Edition)
Sal jy 'n baldadige boelterriër in 'n Porsche laat ry?
Liefde, leed, opbeuring en hartseer smelt saam om 'n geloofwaardige storie te vertel van die probleme wat vandag se vrou na aan die hart lê.
Pascale en haar passasier, Piggy - 'n boelterriër, pak die lang pad Oos Kaap toe aan nadat die nuus dat sy nie kan kinders hê nie, haar man in ‘n ander vrou se arms dryf.
Alhoewel hul mekaar jare laas gesien het, vind ‘n gebroke Pascale troos by Ouma Saar in Troosbosbaai. Die klein dorpie is skynbaar vol afvlerkmense soos syself, en sy ontmoet vir Callum Moriarty, Jack-of-all-trades en alles wat sy nié in 'n man wou hê nie.
In Piggy in 'n Porsche - 'n moderne Christelike liefde storie - trek Cindy Robertson, die skrywer, vergelykings tussen Pascale se demoon-hond en die jeugoortreder-seuns wat Callum grootmaak en probeer rehabiliteer. Selfs Piggy word gou reggeruk deur Ouma se diaboliese kat, Stafendas. Stadig begin Pascale se ontdekkingsreis na haarself. En in die agtergrond is Ouma, met haar ondier van 'n wilde kat, Stafendas, en haar onwrikbare geloof in God en die Liefde.
Sal nuwe liefde seevier, of is daar nog hoop vir Pascale se huwelik?
Skaf jou eksemplaar van Piggy in 'n Porsche vandag aan en vind self uit!
Support self-published authors - Buy the eBook!